Nuwe nostalgiese kookboek: Sout en peper deur Neil Stemmet
Sout en peper is gebaseer op die nostalgiese kos- en reisblog van Neil Stemmet (soutenpeper.com). In die boek vertel hy stories en verwys hy na resepte wat in die volksmond oorvertel is en aangegee is van grootmoeder na moeder, dogter en kind. Hy is passievol oor waar die tradisie van erfeniskos vandaan kom, en skryf die stories soos hy dit onthou; die resepte soos hy dit ontvang of gehoor en opgeskryf het.
Oor die outeur
Neil Stemmet is ’n binnenshuise ontwerper, versamelaar en kurator. Projekte waarvoor hy verantwoordelik is, word veral oor hul tydlose en aardse kwaliteite geprys. Hy is veral bekend vir restaurantontwerp soos dié van Cuvee, die Van Niekerk-proelokaal by Simonsig, en Towerbosch Aardskombuis by die Knorhoekwynlandgoed. Tans is hy as kreatiewe konsultant vir ’n aantal ontwerp- en kuratorsprojekte vir plaaslike en internasionale kliënte verantwoordelik.
Neil is al meer as 25 jaar in die restaurant- en gasvryheidsindustrie betrokke. Sy restaurant Le Must, in Upington, is as een van Style se top 10 restaurante van 2004 aangewys en sy gastehuis Le Must Residence, ook in Upington, wen die gesogte American Express en AA Travel-prys vir Beste Gastehuis in 2007 sowel as 2008. Sy werk, reisbeskrywings en fotografiese essays is in publikasies soos Elle Decoration, House & Leisure, Sawubona, Real Living Australia, Taste Magazine, National Geographic Traveller, Design Indaba Magazine en Condé Nast House & Garden gepubliseer.
Boekbesonderhede
- Sout en peper deur Neil Stemmet
Boek se tuisblad
EAN: 9780799351811
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment