Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Fado vir ’n vreemdeling gepubliseer ter viering van Margaret Bakkes se 80ste verjaarsdag

Op 80 stel die gesoute skrywer Margaret Bakkes die historiese roman Fado vir ‘n vreemdeling bekend.

Fado vir \'n vreemdelingFado vir ’n vreemdeling is die histories-gefundeerde verhaal van die lewe en lotgevalle van Cornelis Homan. Sy lewe word egter ook in ’n groter familiekonteks geplaas, sodat die leser ook die geskiedenis van sy ouers, sy kinders tot by sy kleindogter, die Portugese Maria Josefina de Araujo Homan, leer ken.

Cornelis is ’n tragiese figuur. Hy word gebore as die kind van Maria en Barend Homan, bywoners op die plaas Langkuil. Barend en Maria is geleerd, hulle is alleenlik bywoners omdat Barend as jongste seun geen grond geërf het nie. Na tragiese gebeure trek Maria en haar kinders na Potchefstroom, waar sy siel en liggaam aan mekaar hou. Cornelis, wat sy hele lewe lank na ’n vaderfiguur soek, raak by Caroline, ’n Engelse vrou van onsekere sedes betrokke. Hy trou met haar wanneer sy swanger word en trek later Johannesburg toe om ’n beter lewe te soek. Hy word opgekommandeer en beleef die verskrikking van die Anglo-Boereoorlog terwyl Caroline en haar drie dogtertjies in ’n konsentrasiekamp is.

Cornelis is deel van die groep Boerekrygers wat saam met kmdt. Pienaar via Lourenço Marques in Portugal terugkom. As adjudant van kmdt. Mosterd beland hy in Abrantes, waar hy mettertyd die metgesel/leraar word van Annita, die lelike, inkennige dogter van dr António de Araujo. Na die sluit van vrede gaan Cornelis terug Suid-Afrika toe, waar hy uitvind dat sy vrou as hoer leef. Hy skei van haar en kry toesig oor sy kinders. Maar dan gebeur die onwerklike…

Fado vir ’n vreemdeling is ’n belangrike toevoeging tot die Afrikaanse romankuns. Dit is as historiese roman onontbeerlik vir ’n groter en genuanseerde kennis van die Anglo-Boereoorlog én ons Suid-Afrikaanse kultuurhistoriese verlede, maar dit is veel méér en groter en grootser as net ’n historiese roman, dit is romankuns op sy allerbeste. Dit is toeganklike, voortreflike letterkunde wat kan meeding met die allerbeste in die wêreldliteratuur” – Riana Scheepers.

Oor die outeur

Margaret Bakkes het geen bekendstelling nodig nie. Om net ’n paar romans te noem waarvoor sy so bekend geword het: Klara kom tuis, Die verste reis, Baksel in die môre, Elegie vir ’n onbekende, Susanna die geliefde en Kroniek van die sewe blou waens. Van haar kortverhale word opgeneem in versamelbundels soos Vertellers, Die Afrikaanse kortverhaalboek, Hoogtepunte in die Afrikaanse kortverhaalkuns, Dogters van Afrika, Wys my waar is Timboektoe, Boereoorlogstories, en Uit die kontreie vandaan.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment