Sign up

Login to BooksLIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Books LIVE

Isabelle, vyfde boek in Chanette Paul se reeks oor die Davel-vroue, heruitgegee

Tamara, Willemien, Annabella, en Deborah, die eerste vier boeke in Chanette Paul se reeks historiese romans oor die Davel-vroue, is onlangs met nuwe omslagontwerpe heruitgegee. Hierdie maand verskyn Isabelle, die vyfde boek in die reeks, met ‘n nuwe baadjie:

IsabelleHul persoonlikhede knoop en skuur behoorlik – sy, die opstêrs gravinnetjie, en hy, die boertige bywoner. Maar meer as ’n herinnering kan Isabelle nie word nie, want Arendt de Leeuw het net ’n paar maande oor.

Isabelle (1932, Willemien se dogter) is ʼn aanstellerige Ierse gravin met ʼn passie vir skilder. Die verantwoordelikheid van haar gravinskap rus swaar op haar, veral toe sy besef dat haar titel bepaal met wie sy mag trou. Om die kroon te span raak sy verlief op ʼn bywoner wat klei uithaal op haar plaas in Suid-Afrika.

Oor die outeur

Chanette Paul is in Johannesburg gebore, maar het nomadies grootgeword – onder meer nege skole bygewoon en aan vyf universiteite studeer. Sy woon tans op Stanford in haar skewe pophuis op die oewer van die Kleinerivier saam met haar wit, Persiese kat, Vasti. Haar lewe draai die afgelope tien jaar om stories. As sy nie haar eie skryf nie, help sy ander skrywers om hulle s’n te ontwikkel. Sy is dol op lees, het ’n passie vir musiek, swem, skubaduik en snorkel. Chanette hoop om eendag haar roeivermoëns te verbeter wanneer haar spaarrekening genoeg vir ’n kajak oplewer.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment