Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Onderhoude met Vlaamse misdaadskrywer Pieter Aspe tydens sy Suid-Afrikaanse besoek

Die vierkant van die wraakDie midas moordeDie Vlaamse misdaadskrywer Pieter Aspe (Pierre Aspeslag) het onlangs Suid-Afrika besoek as deel van Lapa se Leeskringseminaar, waar hy oor die Afrikaanse vertalings van die eerste twee boeke in sy kommissaris Pieter van In-reeks, Die vierkant van die wraak en Die Midasmoorde, gesels het.

Deborah Steinmair en Stephanie Nieuwoudt, albei van Die Burger, het tydens sy besoek meer oor dié gewilde misdaadskrywer, met 29 boeke agter sy blad, uitgevind.

Aspe het aan Nieuwoudt vertel van sy besluit om op 40-jarige ouderdom te begin skryf, nadat hy jare lank as ‘n opsigter gewerk het:

Pieter Aspe (regte naam Pierre Aspeslag) het aanvanklik nie beplan om ’n reeks misdaad­verhale met as die hoofkarakter die polisie-inspekteur Pieter van In te skep nie. Maar toe is sy eersteling, Die vierkant van die wraak, só suksesvol dat ’n reeks onafwendbaar was. Met verkope van 60 000 per boek net in Vlaandere, is Van Aspe een van die suksesvolste skrywers in België.

Hy was jare lank die opsigter van die Heilige Bloedkapel in Brugge voordat hy op 40 jaar begin skryf het. “Op 40 doen mans allerlei vreemde dinge,” het hy selfspottend gesê op ’n skrywer­seminaar wat die uitgewer Lapa onlangs in die Kaap aangebied het.

Kommissaris Pieter van In, die hoofkarakter in Aspe se eerste boek, het ‘n lewe van sy eie aangeneem en gelei tot ‘n hele reeks misdaadromans. Aspe het aan Steinmair erken dat Van In “steeds meer op mij begin te lijken, of ik op hem”. Nes Van In kettingrook Aspe ook en drink hy graag Duvels-bier:

Die Vlaamse skrywer Pieter Aspe is lenig en onbeholpe met langerige, deurmekaar grys hare, ’n groot swart bril, die skugter, seunsagtige sjarme van ’n karakter in ’n Britse komedie en, ja, sexy.

Hy het op 40 begin skryf – “dit was seker maar ’n midlife crisis”, reken hy. Ná hierdie laat begin het hy in die afgelope 16 jaar 29 boeke geskryf, almal met dieselfde karakters; wat hy “vaste personages” noem. Meer as 1,5 miljoen van sy boeke is al in België en Nederland verkoop, en ’n TV-reeks en ’n radio-hoorspel het daaruit ontstaan. Hy het ook die Hercule Poirot-prys en die Humo’s Gouden Bladwijzer-prys gewen.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment