Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Carina Diedericks-Hugo se Thomas@rock-ster.net wen ‘n Pendoring

Thomas@rock-ster.netThomas@rock-ster.net, die agtste boek in Carina Diedericks-Hugo se gewilde Thomas@-reeks vir tieners, het Vrydagaand as wenner in die kategorie “Geïntegreerde veldtogte” met ʼn silwer Pendoring Reklametoekenning weggestap.

In Thomas@rock-ster.net is die storie nie alleen beperk tot die bladsye van die boek nie – Thomas se nuutste avontuur is ’n opwindende eerste in Afrikaans, met interaktiewe elemente soos QR-kodes wat jou lei na ’n webtuiste waar jy kan luister hoe die Hectic Hamburgers klink, asook ’n videospeletjie en ’n MXit-kanaal wat spesiaal vir die boek geskep is.

Etiket, die advertensie-maatskappy wat saam met LAPA aan hierdie mylpaal gewerk het, kon met Thomas@rock-ster.net se reklameveldtog dit wat reeds in die boek is, net ‘n stap verder neem. Hulle het die elektroniese platforms gebruik om die boek te bemark. Al het die veldtog van verskillende media gebruik gemaak, kon dit as een geïntegreerde pakket aangebied word, aangesien al hierdie ekstras in die boek byeengebring is.

Sedert die eerste Thomas@-boek in 2001 by LAPA Uitgewers verskyn het, is nagenoeg 140,000 eksemplare van Thomas en sy vriende se avonture verkoop. Thomas@rock-ster.net het binne net twee maande blitsverkoperstatus bereik, met 3 200 kopieë wat reeds van die rakke gevlieg het.

In dié boek vind Thomas uit sy drie beste vriende, Hannes, Lukas en Thabo, het ’n rockgroep begin sonder om hom daarvan te vertel. Hulle noem hulself die Hectic Hamburgers en hulle beplan om aan die Radikale Rockfees deel te neem. Thomas beland ook weer in groot moeilikheid by ou Oros-man, die skoolhoof, wat skynbaar vas oortuig is hy is ’n jeugmisdadiger. En asof dit nie erg genoeg is nie, lyk dit of dinge ernstig skeefloop tussen Thomas en sy meisie, Alex.

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Pendoring

 

Please register or log in to comment