Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Carina Diedericks-Hugo se Thomas@rock-ster.net is ‘n Pendoring-finalis

Thomas@rock-ster.netThomas@rock-ster.net, Carina Diedericks-Hugo se jeugboek wat elektroniese platforms gebruik om die leeservaring nog lekkerder te maak, is benoem vir ‘n Pendoring Reklametoekenning in die kategorieë Virale Bemarking en Geïntegreerde Veldtogte.

Elmari Rautenbach skryf op Boeke24 dat die agentskap Etiket “dit wat reeds in die boek is net ‘n stap verder geneem” het. In Thomas@rock-ster.net is daar QR-kodes wat lesers aanlyn na videos, foto’s en klankgrepe lei. Die boek maak ook van Mxit, ‘n rekenaarspeletjie en musiekmengers gebruik.

“Die advertensiemaatskappy het van dié elektroniese platforms gebruik gemaak om die boek te bemark,” het Samantha Buitendach, kommunikasiebestuurder van Lapa verduidelik. Daarom is hulle vir “Virale Bemarking” benoem. Aangesien al hierdie ekstras in die boek geïntegreer is, kon bemarking deur die verskillende mediums een pakket vorm, wat tot die benoeming vir “Geïntegreerde Veldtogte” gelei het.

Die wenners word 21 Oktober 2011 aangekondig.

Dis soos Trompie op steroids, het ‘n tiener in ‘n stadium van Thomas@rock-ster.net gesê, ‘n skepping van die bekroonde jeugboekskrywer Carina Diedericks-Hugo. Nou is dié jeugboek die “kliënt” in nie een nie, maar twee Pendoring-benoemings.

Die Pretoriase agentskap Etiket is vir sy werk met Thomas benoem in die kategorieë virale bemarking en geïntegreerde veldtogte. Daarmee het hulle wat reeds in die boek is net ‘n stap verder geneem.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment