Nuwe gesondheidsgids: 1000 Kure vir meer as 200 kwale deur Victor S Sierpina
Tans is daar ’n wye verskeidenheid konvensionele en alternatiewe behandelings beskikbaar, maar wat vir een persoon goed is, is nie altyd goed vir ’n ander persoon nie. 1000 Kure vir meer as 200 kwale bring alles binne jou bereik en stel jou in staat om ’n middel te kies wat jou die beste pas.
Dit is ’n waardevolle geïntegreerde mediese hulpmiddel wat aktuele keuses maklik en vinnig verskaf. Meer as 200 kwale is volgens kenmerke gegroepeer: (byvoorbeeld: toestande wat die vel en hare affekteer of dié kwale wat noodhulp nodig het) en is vir elke groep alfabeties gelys. Vir elke toestand is daar ’n diagnose.
Die algemeenste simptome en die doel van die behandeling word duidelik uiteengesit. Geneesmiddels uit vyf verskillende gesondheidsvelde word dan gegee – konvensionele medisyne, tradisionele Chinese medisyne, naturopatie (natuurgenesing), homeopatie en kruiekennis. Dit stel jou in staat om die benaderings tot dieselfde toestand te vergelyk en die toepaslikste geneesmiddel te kies.
Die afdelings is as volg:
- Vel en hare
- Oë en mond
- Oor, neus en keel
- Spysverteringstelsel en urieneweg
- Respiratoriesestelsel en sirkulasie
- Pyne en kwale
- Persoonlike kwale
- Verstand en gemoed
- Noodhulp
Oor die outeur
Victor S Sierpina is ‘n dokter en kenner van familiegesondheid, wat holistiese en alternatiewe terapieë in behandeling inkorporeer. Hy is die skrywer van boeke soos The Healthy Gut Workbook.
Boekbesonderhede
- 1000 kure vir meer as 200 kwale deur Victor S Sierpina
Tuisblad
EAN: 9780799349733
Find this book with BOOK Finder!
Please register or log in to comment