Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Potgooi en onderhoud met Michael Green (ook bekend as RR Ryger) oor Hondsdol

HondsdolToe Michael Green aanvanklik begin skryf het, het hy die skuilnaam RR Ryger gekies omdat hy bang was sy Engelse naam sou mense laat dink dat sy boeke vertaal is. “Toe het ek seker maar ‘n paar biere gedrink en ‘n snaakse naam soos RR Ryger uitgedink,” het Green aan Christelle Webb-Joubert in ‘n onderhoud op RSG gesê.

RR Ryger was bekend vir sognaamde “alternatiewe” en omstrede skryfwerk. Nou is Green terug met ‘n nuwe boek, Hondsdol, onder sy eie naam, wat volgens hom meer toeganklik is. Een ding het al sy boeke egter in gemeen, naamlik dat dit “voortstoom soos ‘n trein wat buite beheer is”. Webb-Joubert het erken dat sy die boek nie kon neersit nie.

Luister hieronder na die RSG-potgooi waarin Webb-Joubert die eerste twee bladsye van Hondsdol voorlees en vrae aan Green stel:


Phyllis Green van SARIE het ook ‘n onderhoud met Green gevoer en vir Kerneels Breytenbach, Toast Coetzer en Dana Snyman uitgenooi om hom ook met ‘n paar vrae te peper.

In Hondsdol word die karakter Ben deur sy buurvrou Tan Lien gevra om op haar huurders te spioeneer om bewyse te vind dat hulle met dwelms smokkel sodat sy hulle kan uitsit. Green sê hy het die idee vir die storie gekry toe ‘n ou tannie wat naby hom gewoon het werklik só ‘n versoek aan hom gestel het. Wat in die werklike lewe gebeur het, kom egter nie naby aan die spanningsvolle misdaadroman wat Green geskryf het nie:

Waarom ‘n storie met ‘n Bruce Lee-element en in PE van alle plekke?

Hei, Bruce Lee is steeds ‘n groot deel van baie mense se lewens. Hy het self in die storie ingespring. Dalk omdat ek nou self Jeet Kune Du – ‘n gevegstyl wat Lee beoefen het – beproef. Ek sukkel bietjie omdat ek nie so ‘n soepel outjie is nie. Ek kan nog nie teen mure ophardloop of agteroor-salto’s maak nie. Maar die basiese elemente begin nou insink en as ‘n dronk outjie my skielik bestorm, behoort ek hom lekker te laat skrik deur soos Bruce in ‘n skril stemmetjie te skree en my oë op alien-agtige wyse te rol.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment