Chanette Paul gesels oor haar vrouekarakters
Chanette Paul, bekend as liefdesroman- en ook spanningsverhaalskrywer, het al vantevore gesê dat sy daarvan hou om oor vroue en hul leefwêrelde te skryf.
Die hoofkarakters in haar spanningsromans is “telkens vroue wat by ‘n kruispad in hulle lewens staan en dan boonop blootgestel word aan die effek wat ‘n moord of moorde op hulle het, asook die gevaar waarin hulle verkeer”.
Só skryf Paul in ‘n artikel op die Romanzalesersblog waarin sy die karakters in haar historiese Davel-reeks en haar spanningsromans vergelyk:
Die hoofkarakters in my historiese Davel-reeks en my spanningsromans die Gys Niemand-reeks verskil aansienlik.
Die Davel-reeks neig meer na die romanse alhoewel dit meer verwikkeld is as wat tipies is aan die genre. Ander verhoudings, spesifiek binne die Davel-familie speel ‘n sterk rol en dan ook die verskillende historiese agtergronde. Oorlog is byvoorbeeld nie ‘n tipiese agtergrond vir ‘n romanse nie omdat dit met soveel wreedhede gepaard gaan, maar die wreedhede word darem nie grusaam uitgebeeld nie.
Boekbesonderhede
- Fortuin deur Chanette Paul
EAN: 9780799342420
Find this book with BOOK Finder!
- Boheem deur Chanette Paul
EAN: 9780799344646
Find this book with BOOK Finder!
- Meetsnoer deur Chanette Paul
Book homepage
EAN: 9780799347234
Find this book with BOOK Finder!
Foto te danke aan Romanzalesersblog















Please register or log in to comment