Só is Chanette Paul en Jaco Jacobs deur boeke betower
Kinder- en jeugboekskrywer Jaco Jacobs het toe hy so agt of nege was in sy Desembervakansie tot drie keer per dag biblioteek toe gestap om sy boeke te gaan omruil, totdat die kwaai biblioteektannie hom begin dwing het om dikker boeke uit te neem. Met elke besoek aan die biblioteek moes hy vir haar die storie in detail vertel, sodat sy kon seker maak dat hy dit regtig gelees het. Hy het al hoe vinniger gelees om haar te “spite” en ook omdat hy toe al “storiemal” was.
Chanette Paul, bekend vir haar Gys Niemand-spanningsreeks, het ook reeds op ‘n jong ouderdom haar hart op boeke verloor, toe haar ma vir haar uit kleurryke prenteboeke voorgelees het.
Jacobs, Paul, en ‘n klomp ander plaaslike skrywers het ter viering van Wêreldboekedag op 23 April aan LitNet vertel waarom hulle mal is oor boeke.
Jaco Jacobs se bydrae:
My familie sê ek was van kleins af storiemal. Op vyf of ses het ek glo reeds my veel ouer neefs en niggies met stories vermaak, en ek onthou hoe ek kleintyd versot was op Liewe Heksie en Storieman en my dik sprokiesboek met die vreemde, Europeserige prente waarin daar ’n storie vir elke dag van die jaar was.
Ons het nie regtig vreeslik baie boeke in die huis gehad nie, maar my ma het my en my sussie gereeld na die dorpsbiblioteek op Carnarvon geneem sodat ons boeke kon uitneem. Ek onthou hoe ek soms half uitasem van opgewondenheid was as ek besef daar is soveel rakke en rakke vol boeke waaruit ek net drie op ’n slag mag kies.
Chanette Paul se bydrae:
My hart was waarskynlik verlore toe my ma die eerste sprokie uit ’n veelkleurige boek vir my voorgelees het. Binne die omslae het ’n ander, wonderlike wêreld gelê – een waarin ek vir die duur van die voorlesing kon verdwaal, waar ek die prinses kon word. ’n Wêreld wat swaar gedra het aan wreedhede, maar my altyd verseker het: Al gebeur nare dinge, sal ek ook eendag vir altyd en ewig gelukkig wees. Agterna beskou, sou dit dalk beter gewees het as ek my eerder met die hekse vereenselwig het.
Boekbesonderhede
- Hollywood-mummie deur Jaco Jacobs, illustrasies deur Chris Venter
Tuisblad
EAN: 9780799349597
Find this book with BOOK Finder!
- Weerwolfprobleme deur Jaco Jacobs, illustrasies deur Chris Venter
Tuisblad
EAN: 9780799349603
Find this book with BOOK Finder!
- Zackie Mostert en die Gemaskerde Groen Gevaar deur Jaco Jacobs
Tuisblad
EAN: 9780799349634
Find this book with BOOK Finder!
- Zackie Mostert en die spokerige storie deur Jaco Jacobs
EAN: 9780799349641
Find this book with BOOK Finder!
- Wat weeg ‘n walvis? deur Jaco Jacobs
Tuisblad
EAN: 9780799349290
Find this book with BOOK Finder!
- Slaaptyd Mathilda deur Jaco Jacobs
Tuisblad
EAN: 9780799349436
Find this book with BOOK Finder!
- Fortuin deur Chanette Paul
EAN: 9780799342420
Find this book with BOOK Finder!
- Boheem deur Chanette Paul
EAN: 9780799344646
Find this book with BOOK Finder!
- Meetsnoer deur Chanette Paul
Tuisblad
EAN: 9780799347234
Find this book with BOOK Finder!
Foto van Jaco Jacobs te danke aan www.jacojacobs.co.za






















Please register or log in to comment