Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Valiant Swart gesels met Chanette Paul oor Meetsnoer by US Woordfees

Chanette Paul en Valiant Swart

MeetsnoerChanette Paul het Saterdag by die US Woordfees met Valiant Swart oor Meetsnoer, die vierde boek in haar Gys Niemand-spanningsreeks gesels. Swart het haar oor onder meer die reeks, haar lesers en navorsing uitgevra.

Paul het bekend geword as ’n skrywer van romantiese fiksie, en haar lesers is hoofsaaklik vroue. “Omdat ek mans nie baie goed verstaan nie, skryf ek uit die oogpunt van die vrou vir vroue”, het Paul geskerts, maar sy het gesê dat haar getal manslesers veral met die Gys Niemand-reeks begin toeneem het.

Oor die omvattende navorsing wat Paul vir Meetsnoer, en eintlik die hele reeks moes doen, het sy gesê daar bestaan ’n simbiotiese verhouding tussen die navorsing en die storie. Dit is egter nodig dat die storie nie tussen die navorsing verdwyn nie. “Jou storie is jou baas, nie jou navorsing nie”, het Paul beklemtoon.

Paul het vertel sy skryf op haar beste wanneer sy kan weggaan en haar kan afsonder van onderbrekings. Hoewel dit ’n “selfsugtige net-gaan-skryf-ding-is”, is dit noodsaaklik, meen sy. “Jou storie verdien dit.”

Die vyfde en laaste boek in die Gys Niemand-reeks, verskyn in Junie. Daar bestaan nie ’n moontlikheid van ’n sesde boek nie, en lesers sal van die karakters moet afskeid neem – “ek en Gys het gegroet”, het Paul bevestig.

Chanette PaulChanette PaulChanette PaulChanette Paul en René van der MerweFrieda Oncker en Jacques TrantaalValiant Swart

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment