Nuwe stokperdjie-boeke: Hekel vir die lekker en Kruie van tuin tot tafel
In Hekel vir die lekker word al die ontwerpe volledig met volkleurfoto’s, diagramme en noodsaaklike hekel-inligting toegelig en word daar hekeldraad gebruik wat algemeen in Suid-Afrika beskikbaar is.
Interessante variasies bied aan die hekel-entoesias kreatiewe opsies om elke skepping uniek te maak. Die moeilikheidsgraad word by elke patroon aangedui en die wye verskeidenheid bied aan die beginner sowel as die gevorderde genoegsame keuses.
Dit sluit die volgende afdelings in:
- Volledige inleiding oor basiese steke, hekelpenne en hekeldraad
- Somer- en winterpatrone vir vroue
- Moderne juwele en bykomstighede
- Vrolike speelgoed en truie vir babas en kinders
- Interessante huis- en dekoritems
Oor die outeur
Karen Adendorff is die samesteller van Brei vir die gesin en saam met Tootjie Niemand die samesteller van Naaldwerk-inspirasies.
Halfpad deur die resep en jy besef jy het nie al die nodige kruie nie. Is jy moeg om kruie ten duurste in supermarkte te koop net om by die huis uit te vind dat hulle al aan die onderkant begin swart verkleur?
Kruie van tuin tot tafel bied jou die oplossing.
Jy kan leer om jou eie kruie te kweek en sodoende sorg dat jy nie duur betaal vir kruie nie en ook op ‘n gereelde basis kruie tot jou beskikking het. Die boek wys jou hoe om kruie te verbou en te oes. Van potte tot beddings in jou tuin. Kies uit die kruiekatalogus watter krui jy wil plant en volg die riglyne om jou eie kruie te kweek. Oes en stoor jou kruie uit jou tuin – ontdek wenke oor hoe om kruie te pluk, af te stroop, te kap, rol en op te sny. Leer dat kruie vir kosmetiese, aromatiese en kombuis gebruik is. Maak jou eie kruiebadsakkie of potpourri. Kook heerlike disse uit meer as 60 resepte om van te kies insluitend botter, asyne en olies, marinades, slaaie en slaaisouse en vele meer.
Oor die outeur
Marie Greyvenstein woon in Alexandria , ‘n pragtige klein dorpie oos van Port Elizabeth . Dit is hier waar sy begin belangstel het in alle aspekte van kruie. Sy het nagelees en geëksperimenteer en besef dat ander mense ook mag belangstel daarin om hulle eie kruie te kweek van tuin tot tafel. Kruie van tuin tot tafel is haar tweede boek, haar eerste boek Kook met kruie en speserye het in 1999 verskyn.
Boekbesonderhede
- Hekel vir die lekker deur Karen Adendorff
Tuisblad
EAN: 9780799349757
Find this book with BOOK Finder!
- Kruie van tuin tot tafel deur Marie Greyvenstein
Tuisblad
EAN: 9780799349542
Find this book with BOOK Finder!












Please register or log in to comment