Nuut van Alta Cloete: Seisoen van genade
Karla keer teen haar ouers se sin terug uit Australie, waarheen hulle vyftien jaar gelede geemigreer het nadat haar ouer broer op die plaas vermoor is. Hier ontmoet sy vir Chris – haar teenpool: selfversekerd, sjarmant, humoristies, in beheer van sy lewe en baie aantreklik. Oenskynlik volkome uitgesorteer, maar min mense weet wat in Argentinië met hom gebeur het. Mettertyd kom Karla – en hyself – agter hy het ook ’n stukkie onafgehandelde bagasie.
Oor die outeur
Alta Cloete het op ‘n skaapplaas naby die koudste dorp met die helderste sterre (Sutherland) grootgeword, maar oor die afgelope dertig jaar diep wortels in die ryk Bolandse grond gevorm. Sy het meer as ‘n kwarteeu gelede begin tydskrifverhale skryf terwyl sy bevoorreg was om ‘n tuisblyma te wees. En daar het die droom begin.
Later het die geleentheid gekom om haar liefde vir kleuters uit te leef in ‘n graad R-pos by ‘n seunskool. Sy kon ook haar opleiding as bibliotekaresse en liefde vir lees en boeke gebruik as bibliotekaresse by dieselfde skool.
Uiteindelik het sy die sprong gewaag om die onderwys te verlaat en voltyds te begin skryf. Iets wat totaal onmoontlik sou gewees het sonder haar kosbare manlief se ondersteuning. Omtrent vyftig tydskrifverhale en tien romanses het haar voorberei vir haar eintlike droom – liefdesromans.
Boekbesonderhede
- Seisoen van genade deur Alta Cloete
Boek se tuisblad
EAN: 9780799355307
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!






